Omgewingsgesondheid

Omgewingsgesondheid (Engels: Environmental Health) is die afdeling van openbare gesondheid wat gemoeid is met alle aspekte van die natuur en die opgeboude omgewing wat die mens se gesondheid mag affekteer. Ander terminologie wat op dissipline van omgewingsgesondheid wys sluit in: openbare omgewingsgesondheid, omgewingsgesondheid en omgewingsbeskerming.

Met die wêreld se groeiende bevolking word omgewingsgesondheid by die dag belangriker. Die aarde moet beskerm moet word om vir mense, diere en plante 'n "gesonde" tuiste te bied. Dit is veral belangrik om te let op die voorkoming, diagnose en behandeling van siektes wat moontlik verband hou met ongewenste omgewingsfaktore.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search